Esté Gross
@EsteGross
Presenter | Newsreader | Music compiler | Essayist | Singer | Songwriter http://estegross.com
Vir besprekings vir sangoptredes, motiveringspraatjies en stemwerk, besoek gerus my splinternuwe webtuiste. For bookings for singing performances, motivational talks, and voice work, please feel free to visit my brand new website: estegross.com

Ek kan net dankie sê. Dankie vir die tyd wat jy geneem het om my naam in die hoed te gooi in die kategorie 'Best Radio Personality". Dit is 'n heerlike en onverwagse verrassing @PretoriaFM As jy 'n oomblik het, stem asb vir 'n wen 😀🌼 bestofsouthafrica.co.za/pretoria/
Baie dankie aan Pieter Koen en die Goeiemôre / Good morning span van Via vir julle gasvryheid en die onderhoud oor my nuwe enkelsnit, Die Deur. @NueLightP youtube.com/watch?v=M-9g0b…
Uiteindelik ! Hier is #DieDeur se musiekvideo. Die Deur gaan oor onverganklike liefde. Ek dra dit op aan my Ma, maar ek hoop dat dit ook vir jou betekenis sal hê, op die plek waar jy jou nou in jou lewe bevind. youtube.com/watch?v=nqNaLX…
Roer in Afrikaans. In jou praat, huil, lag en loop ek, verbeel, dink ek my wêreld oop. Ek huil, word kwaad, aanvaar, praat oor onreg en dít wat nog reg is. Mag jou woorde in skares en kontoere oor berge en in dale, oor die wêreld heen, bly dans. Geluk, Afrikaans! #Afrikaans100

Gooi vir my 'n droom, skeur só die lug se soom Strooi dit oophand-ruimhand in die wind Laat ek met wonder immer soek - ek bly kind. want die mens is klein... en ek wonder net vanaand, Wat ons alles in ons woorde agterlaat, Hoe sal dit alle aardlinge, baat ? 2025/02/28 Esté Gross

The best things I ever did: - dedicate my life to God - pursue my life's calling - marry my best friend - become a father These are the foundations of my life.
Skakel nou 13:05 in vir #WNDK - Jaconell Mouton en Evert van Niekerk kuier in die ateljee en gesels oor hulle nuwe Kersalbum, Merry Moments. @PretoriaFM

Nataniël se bekroonde produksie, MASS FOR THE GOOD PRINCES en my onderhoud met hom oor die mis, word vanaand om 20:00 op @PretoriaFM uitgesaai. Dankie vir die artikel, @AJOpperman netwerk24.com/netwerk24/kuns…
Nataniël se #MassForTheGoodPrinces word vanaand om 20:00- 21:30 in sy geheel weer uitgesaai. Lekker luister !😀 @PretoriaFM facebook.com/share/p/1GrWTt…
Dít is waarom ons hier is: om mekaar in die ongeskonde, ongenaakte waarheid, lief te hê. netwerk24.com/netwerk24/stem…
Ek het die goeie nuus gekry dat Klankkoerant-Laatmiddag, aangewys is @SARadioAwards as "Beste nuus-en aktualiteitsprogram" in die gemeenskapsradio-kategorie vir 2024. Ek bied steeds die nuus-en aktualiteitsprogram op @PretoriaFM aan, nou IMPAK 13:00-14:00. Dankbaar, dankie !

You cannot become more spiritual without your hands getting dirtier with the pain and burdens of others. This is the Jesus way
Eksklusief op #WNDK: Die bekendstelling van die CD Mass for the Good Princes. Een van die heel lekkerste onderhoude nog. Dankie Nataniël vir die musiek gesprek én die lekker lag. Wat's Nuut? Dis Klassiek ! Die Sondag tussen 13:05-14:00.@PretoriaFM

DIE EEN WAT MY KEN Almagtige skepper van hemel en aarde Die een wat my ken Die een wat ek ken Ek hoor U stem In die aanskoue van nog 'n sonsopkoms En in my afgryse oor al die afgronde Ek dank U dat U my siel bewaar In die goeie en in my slegte dae Esté Gross 7 November 2024
