Rapport
@RapportSA
Toonaangewende Suid-Afrikaanse Sondagpublikasie LEES HIER: https://linkstre.am/Rapport
Suid-Afrika is in ’n oorlewingstryd. Dinge het nie veel verander die afgelope vyf jaar nie; al verskil is nou kom die vrottigheid na vore, ons word nou gekonfronteer deur die harde werklikheid, sê Ian Cameron, DA-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie.
Die Patriotic Alliance se adjunkleier, Kenny Kunene, is die afgelope week geskors omdat hy by ’n vermeende moordbendelid se huis was. Heindrich Wyngaard praat met Tim du Plessis, Dawie Boonzaaier en Liezel de Lange oor die ystervuis waarmee McKenzie sy party regeer.
Die vorige keer wat Johan Ackermann ’n groot Suid-Afrikaanse rugbyspan afgerig het, het hy ’n sukkelende Leeus-span terug op die wenpad gekry. Nou wag ’n heel ander tipe uitdaging op hom by Loftus Versfeld. Luister hier deur Spotify: brnw.ch/21wUmWT
Dok Pool skryf: Die Springbokke wen, maar almal is nie gelukkig nie; nie met hul spel nie, en ook nie met gedeeltes van hul taktiek nie. Lees meer deur die skakel in ons bio.

’n Borskankerpasiënt wat die Genesis-siekefonds aangevat het om hulle te dwing om vir haar chemoterapie te betaal – én die stryd gewen het – sit nou sonder ’n fonds en met ’n groot hoop skuld nadat Genesis haar lidmaatskap beëindig het. Lees meer deur die skakel in ons bio.

Lynn Latief van George het selfs ná ’n pynlike egskeiding nooit ophou glo in die liefde nie. Sy en haar tweede man, Riaaz, is vier jaar getroud, maar dit voel veel langer, sê Lynn. “Ek is so geseënd. Hy’t my geleer om te vra: ‘Is ons nog oukei?’
Die bemagtigingsmodel wat pres. Cyril Ramaphosa so verdedig, het ’n destruktiewe, paramilitêre monster geword, skryf Piet Croucamp. Lees meer deur die skakel in ons bio.

Kry jou finansiële raad van kenners, skryf Nico van Gijsen Lees meer deur die skakel in ons bio.

Die voorwaardes is neergelê vir ’n vorm van eskalasie tot die uiterstes tussen die twee vernaamste vennote in die regering, naamlik die ANC en die DA. En ook in die NG Kerk, skryf Johann Rossouw. Lees meer deur die skakel in ons bio.

Dr. Kgosi Letlape, ActionSA-LP, het strafregtelike klagte teen drie mediese fondse ingedien nadat ’n paneel bevind het mediese fondse is meer geneig om swart gesondheidswerkers van bedrog, verkwisting en misbruik te beskuldig as hul wit eweknieë.

Boan Venter was reeds op skool sterker as die ander seuns aan die Hoërskool De Aar en het veral sy teenstanders in die skrums laat knor. Lees meer deur die skakel in ons bio.

Daardie donkerbruin emoji met die ogies wat lyk soos iets wat jou hond op die grasperk gelos het, is 'n prentjie wat jy maar eerder nie in jou werk se WhatsApp-groep moet gebruik nie. Nes die piesang-, perske- en eiervrug-emoji's. Lees meer deur die skakel in ons bio.

Rugbyondersteuners wat wonder waar Matthew Pearce se goue stem gedurende die Springbokke se afgelope vier wedstryde was, kan ontspan: Dié gesoute kommentator sal terug op sy pos wees wanneer die Rugbykampioenskap afskop. Lees meer deur die skakel in ons bio.

Die 12 soldate wat teregstaan op aanklagte van moord, ontvoering, bedrog en regsverydeling ná die sluipmoord op ’n ondersoekbeampte van die Valke is terug by die werk. Lees meer deur die skakel in ons bio.

Rapport se paneel het hul keuses gemaak. Hier is nr. 90 tot 81. LEES MEER: brnw.ch/21wUhuc

Ocean View. OV. My mense. My buurt. Die buurt wat altyd die skuld kry. Gooi ieman nou net vullis innie see in Durban? Ocean View. Brei ieman ’n doilie met ’n satanic pattern op innie Vrystaat? Ocean View, skryf Chase Rhys
Net in Suid-Afrika kan jy grootword met die idee dat Engels “swaar is om te praat” en dan eindig jy voor ’n klas waar jy Engelse liedjies gebruik om Afrikaans te leer vir kinders wat vyf verskillende tale praat teen die ouderdom van 10.

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede week ’n kommissie van ondersoek na bewerings van korrupsie en politieke inmenging by die polisie aangekondig, ten spyte daarvan dat hy op twee verslae sit wat soortgelyke gebreke ondersoek het. Lees meer deur die skakel in ons bio.

Die Suid-Afrikaanse soldate wat hul lewe maande lank in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) gewaag het, is terug op tuisbodem in ’n nuwe veldslag gewikkel – teen hul eie werkgewer. Lees meer deur die skakel in ons bio.

Atletiek Suid-Afrika (ASA) moes dié week in Nigerië tot die redding kom van sy 70 atlete by die Afrika-kampioenskapsbyeenkoms vir juniors, weens ontoereikende geriewe in die atletedorp in Pakuro. Lees meer deur die skakel in ons bio.
